info@compro.co.za | TEL: 023 3473381/3 | Hoogstraat 159, Worcester, Suid-Afrika | designed by web site designed by idoru web worx
visitekaartjies

Wie Is ComPro?

ComPro is ‘n besigheid, gesetel in Worcester, Wes-Kaap wat primêr grafiese ontwerpwerk doen vir ‘n verskeidenheid van kliënte en sekondêr ook skryfbehoeftes verskaf.

Missie

As besigheid streef ons daarna om diens en produkte te lewer teen die hoogs moontlike kwaliteit en mededingende pryse. Daar word ook gestreef om by veranderde omstandighede aan te pas en tred te hou met ontwikkelinge en vordering in tegnologie. Die besigheid word streng volgens etiese kodes en standaarde bedryf. Uiteraard is daar altyd ruimte vir verbetering en terugvoer van kliënte in die verband word op prys gestel. Met die uitbreiding van ons kliëntebasis en groter plaaslike ondersteuning, is dit moontlik om groter investering te doen en sodoende dienste en produkte uit te brei.

Visie

Ons visie is om die maatskappy uit te bou en verbeter ten bate van werknemers en kliënte. Daar word gepoog om eventueel ‘n integrale deel van die Vallei se sake sektor te wees. Ons verkoop of vervaardig nie produkte wat ons nie self sal gebruik nie.